facebook icon twitter icon youtube icon

Kuilfontein Sand & Stene

Kuilfontein sand en stene is ‘n familie-besigheid. Daar word sedert 1 Januarie 1945 op hierdie perseel sand gewas. Die huidige eienaar Mike Maree en sy pa het die besigheid in 1994 gekoop.

Sedertdien is heelwat ouer toerusting vervang met meer tegnologies-gevorderde sisteme om die beste moontlike produk te lewer.

Ons kan met trots aanspraak maak op van die skoonste rivier sand in die land.

Ons verskaf aan die kleinste “bakkie operateur” tot aan die grootste konstruksie-maatskapye vir die bou van damwalle, paaie en brûe.

Ons glo in goeie kliënte-verhoudings en het ‘n passie vir hul behoeftes.

Ons produkte:

Rivier Sand
Gewas en baie skoon. Dit word hoofsaaklik gebruik in die konstruksie-industrie vir produksie van beton asook sement-sand-pleister.

Rivier Sand (Fines)
Is 'n by-produk van gewaste rivier-sand bruikbaar vir verskeie doeleindes, onder andere plaveisel, dekoratiewe produkte, sand-putte en nog meer. Die korrels is baie klein en die sand is baie skoon.

Beton-mengsel/Concrete Mix
Ons beton-mengsel bestaan uit 13mm of 19mm-klip wat met riviersand gemeng is. Dit word hoofsaaklik gebruik in die vervaardiging van beton-strukture, fondasies en beton.

6,7mm Klip
Hierdie klippe is ideaal vir tuinmaak en uitleg.

13mm Klip
Ideaal vir oppervlaktes, opritte en vele ander gebruike, asook beton-mengsel. Dit kan residensieel of kommersieel gebruik word.

19mm Klip
Die 19mm klip is ideaal vir tuinmaak en uitleg. Dit kan ook gebruik word vir opritte, beton-mengsel (builders mix) en self vir sloot-beddings.

"Ready Mix Concrete" (Meng-beton)
Ons verskaf top-gehalte ready mix concrete teen mededingende pryse. Ons meng-beton voldoen aan alle SANS-standaarde vir sterktes van 15-25 MPa. Ons beskik oor twee 6 kubieke meter meng-beton trokke en lewer af in 'n radius van 50-60km.

Vul-grond/Topsoil
Ons vul-grond kan gebruik word vir hervulling en is ideaal vir die kompaktering en vul op paaie